top of page

Behind the scenes...

Surine revamping
TeaterHuis Bekker family
Camels in Tsumeb circa 1907
Event hosted at TeaterHuis
Tsumeb Laderampe
Artist performing
Tsumeb De Wetshof mine shaft

Die Bekker familie  verwelkom jou by ons wilde "uncut" avontuur van wat agter die skerms gebeur het met hierdie unieke projek. Daar was gespoeg en geplak en soveel passie in hierdie hoofstuk van ons lewens in gedeponeer. Ons en ons kinders het boekdele vol stories wat ons kan deel oor al ons ervaringe. As ek terug kyk staan ek verbaas dat ons met so min (finansies) soveel kon uitrig. TeaterHuis was bittersoet. Dit was nie net 'n groot avontuur nie, maar ook 'n baie groot uitdaging wat baie opofferinge vereis het. 

DROOM GROOT DROME

Die mens is tot soveel meer instaat as wat ons besef. Ek was geskaaf en geskuur en dit was nie maklik om in die ou klein dorpie aan te pas nie. Maar mens ontmoet jou Skepper op soveel onverwagse plekke, en selfs hier in hierdie verre klein dorpie het ons soveel groei en wonderwerke in die swaarste oomblikke beleef.

Ek loof die Here God vir Sy guns en goedheid, elke tree van die journey, en ek eer my man vir sy ondersteuning en vrye teuels wat hy vir my gegee het om myself kreatief uit te leef, en laastens wil ek vir my 3 liewe kinders dankie sê. Ek weet dit was vir julle ook 'n groot uitdaging, en die spanning na Covid was baie intens, maar ons het saam gestaan en vasgebyt - dankie my liefies. Julle is meer waardevol as enige ding. 

Ek wonder...watse avontuur gaan ons nou aanpak?

 

Surine Bekker

Theater Marquee Lights

Artists that support our cause:

Bobby van Jaarsveld

Cindy Swanepoel

Hykie Berg

Leani Du Randt

Behind the scenes...

Here is a sneak peak of the wonderful chaos that we endured whilst living in- and renovating the lovely theater, at the same time starting with the operations. These are great examples of the "before" photos.

Tel: +264 81 1488133

Corner of Main Street & Ilze Schatz, Tsumeb, Namibia

© 2022 TeaterHuis Guest House. Created by Surine Bekker

bottom of page